• Shuffle
    Toggle On
    Toggle Off
  • Alphabetize
    Toggle On
    Toggle Off
  • Front First
    Toggle On
    Toggle Off
  • Both Sides
    Toggle On
    Toggle Off
  • Read
    Toggle On
    Toggle Off
Reading...
Front

Card Range To Study

through

image

Play button

image

Play button

image

Progress

1/61

Click to flip

Use LEFT and RIGHT arrow keys to navigate between flashcards;

Use UP and DOWN arrow keys to flip the card;

H to show hint;

A reads text to speech;

61 Cards in this Set

  • Front
  • Back

Watter woordsoort is ʼn eienaam?

Selfstandige naamwoord

Watter woordsoort is die vetgedrukte woorde?



Michelle woon in Kaapstad.

Eienaam

Wat is die eienskappe van ʼn eienaam?

Die name van mense, stede, lande, winkels, handelsmerke, tydskrifte, boeke ens.

Watter woordsoort is ʼn Soortnaam?

Selfstandige naamwoord.

Wat is die eienskappe van ʼn Soortnaam?

1. Kan meervoude hê


2. Kan verkleinings hê


3. ʼn Lidwoord kan voor ʼn Soortnaam staan


4. Geslag by mense of diere

Watter woordsoort is mes?

Soortnaam

Wat is die eienskap van ʼn Abstrakte selfstandige naamwoord?

Dui emosie of gevoelens aan

Watter woordsoort is die woord vriendskap?

Abstrakte selfstandige naamwoord

Watter woordsoort is Versamelname?

Selfstandige naamwoord

Wat is die eienskappe van ʼn versamelnaam?

Dit dui ʼn groep aan en word altyd saam met ʼn Soortnaam of stofnaam gebruik

Watter woordsoort is Massaname?

Selfstandige naamwoord

Wat is die eienskappe van Massaname?

Dit is woorde wat moeilik telbaar of meetbaar is

Wat is die eienskappe van ʼn Byvoeglike naamwoord?

1. Beskryf die selfstandige naamwoord of voornaamwoord


2. Kan trappe van vergelyking hê


3. Kan intensiewe vorme hê


4. Kan vergelykings hê


5. Kan verbuigings hê

Waar kan ʼn b.nw voorkom?

Voor of na ʼn s.nw



Bv. Dit is ʼn mooi meisie


Die meisie is mooi

Watter b.nw is dit wanneer die b.nw VOOR die s.nw staan?

Attributief



Bv. Die fris seun.

Watter b.nw is dit wanneer die b.nw NA die s.nw staan?

Predikatief



Bv. Die seun is fris.

Wanneer word ʼn tussenwerpsel gebruik?

Word by die uitroep van gevoelens of emosies gebruik.



Bv. Vreugde, ongeloof, medelye, skok, blydskap.

Wat is die eienskappe van ʼn tussenwerpsel?

1. ʼn Komma of of uitroepteken skei die tussenwerpsels van die res van die sin.


2. Gewoonlik eindig sinne waarin ʼn tussenwerpsel voorkom met ʼn uitroepteken.



Bv. Sjoe, maar dis koud!


Eina! Hy maak my seer.

Wat is die eienskappe van ʼn Lidwoord?

1. Staan voor die s.nw


2. Kan die betekenis van ʼn sin beïnvloed

Wat is ʼn bepaalde Lidwoord?

Die



Bv. Die veearts was laat.

Wat is ʼn onbepaalde Lidwoord?

ʼn



Bv. ʼn Hond loop in die straat.

Wat is die eienskappe van ʼn voorsetsel?

1. Het nie betekenis wanneer hul op hul eie staan nie


2. Dui posisie aan


3. Dui beweging aan


4. Word in vaste uitdrukkings gebruik


5. Dui verhouding tot iets aan



Bv. Die seun loop in die pad

Watter voorsetsels is die volgende woorde?



Tussen, van, onder, naby, met, in, bo, op, buite

Voorsetsels wat posisie of verhouding aandui.

Watter voorsetsels is die volgende woorde?



Om, uit, deur, in, na

Voorsetsels wat beweging aandui.

Wat is voegwoorde?

Dit verbind woorde en sinne.

Wat is die eienskappe van ʼn Neweskikkende voegwoord?

1. Die woordorde van sin 1 en sin 2 bly presies dieselfde dus verander die woordorde NIE.


2. Die voegwoord staan in die middel van die sin.



Bv.


Sin 1: Ek leer my werk.


Sin 2: Ek wil graag presteer


Ek leer my werk, want ek wil graag presteer.

Wat is die eienskappe van ʼn Onderskikkende voegwoord?

1. Die woordorde in sin 1 bly presies dieselfde.


2. Die werkwoord in sin 2 staan direk na die voegwoord.



Bv.


Sin 1: Ek leer hard.


Sin 2: Ek wil graag ʼn toekenning wen.


Ek leer hard omdat ek die toekenning wil wen.

Wat is die eienskappe van Groep 3 voegwoorde?

1. Woordorde in sin 1 bly presies dieselfde.


2. Sin 2 se werkwoord skuif na die einde van die sin.



Bv.


Sin 1: Ek leer hard.


Sin 2: Ek doen goed.


Ek leer hard daarom doen ek goed.

Wat is die eienskappe van ʼn Hoofwerkwoord?

1. Dui ʼn aksie of handeling aan.


2. Kan alleen in ʼn sin staan.



Bv. Hulle sing lekker.

Wat is die twee verskillende hoofwerkwoorde wat mens kry?

1. Oorganklik


2. Onoorganklik

Wanneer is ʼn hoofwerkwoord oorganklik?

ʼn Hoofwerkwoord is oorganklik wanneer daar ʼn voorwerp in die sin is.



Bv. Ek praat met die hond.

Wanneer is ʼn Hoofwerkwoord onoorganklik?

ʼn Hoofwerkwoord is onoorganklik wanneer daar nie ʼn voorwerp in die sin is nie.



Bv. Ek praat.

Wat is die eienskappe van ʼn Deeltjie werkwoord?

1. Word ook ʼn skeibare ww. genoem.


2. Deeltjie ww. word afgelei van die ww. af.


3. Wanneer die hoof ww. as 1 of 2 woorde in ʼn sin voorkom.



Bv. Julle moet elke dag julle boeke saambring.


Bring asseblief elke dag julle boeke saam.


Gister moes ons, ons boeke saamgebring het.

Wat is die eienskappe van ʼn Hulpwerkwoord?

1. Die hulpwerkwoord help die hoofwerkwoord.


2. ʼn Hulpwerkwoord kan NIE alleen in ʼn sin staan nie.

In watter 2 groepe groepe kan hulpwerkwoorde verdeel word?

1. Hulpwerkwoorde van tyd


2. Hulpwerkwoorde van vorm

Wat is die funksie van die hulpwerkwoord van tyd?

Dui verlede tyd en toekomende tyd aan.



Bv. Sy het geslaap.


Hy sal sy huiswerk doen.

Tussen watter 3 tydsvorme kan daar onderskei word?

1. Teenwoordige tyd: Die kinders speel.


2. Verlede tyd: Die kinders het gespeel.


3. Toekomstige tyd: Die kinders sal speel.

Wat dui die hulpwerkwoord van vorm aan?

Die hulpwerkwoord van vorm dui die lydendevorm aan.

Daar is net 2 hulpwerkwoorde van vorm. Wat is dit?

1. Is (verlede tyd)


2. Word (teenwoordige tyd)



Bv.


Daar is gekook.


Daar word gekook.

Wat is die doel van Bywoorde?

Die bywoord beskryf die hoofwerkwoord.



Bv. Die kind skop (ww.) die bal ver (bywoord)

Daar is drie soorte bywoorde. Wat is dit?

1. Bywoord van tyd (wanneer?)


Bv. Die seun het gister gaan jag.


2. Bywoord van plek (waar?)


Bv. Dit reën in die Kaap.


3. Bywoord van wyse (hoe?)


Bv. Die kind praat stadig.

Die bywoord kan ook ander woordsoorte beskryf. Noem hulle.

1. Bywoord


Bv. Mamma is uiters ongelukkig (bywoord)


2. Telwoord


Bv. Daar is sowat honderd (telwoord) olifante oor.


3. Voorsetsel


Bv. Sy sit direk agter my (voorsetsel)


4. B.nw


Bv. Die baie mooi meisie sit in die klas.

Wat is die doel van ʼn Voornaamwoord?

Dit staan in die plek van ʼn selfstandige naamwoord.

Wat is ʼn Persoonlike voornaamwoord?

Dit staan in die plek van ʼn eienaam of soortnaam.


Bv. Julle sal moet wikkel as julle die bus wil haal.

Wat is ʼn Besitlike voornaamwoord?

Dit dui besit aan - as iets behoort aan iemand.


Bv. Sy eet haar toebroodjie.

Wat is ʼn Vraende voornaamwoord?

Dit staan aan die begin van ʼn vraagsin.


Bv. Wanneer begin die vakansie?

Wat is ʼn Onpersoonlike voornaamwoord?

Daar is net 2. Dit en Daar.

Waarvoor word onpersoonlike voornaamwoorde gebruik?

Die onpersoonlike voornaamwoord word gebruik saam met natuurverskynsels.



Bv. Dit reën vreeslik hard.


Daar is ʼn renoster.

Wat is ʼn Onbepaalde voornaamwoord?

Dit dui nie op spesifieke mense of dinge nie.



Bv.


Iemand het op my voet getrap!


Niemand het die dief gesien nie.

Wat is ʼn Betreklike voornaamwoord?

Hou verband met ʼn spesifieke saak of persoon.


Word ook gebruik om sinne te verbind.



"Wat" word saam met mense/diere gebruik.


"Wie" word saam met mense gebruik wanneer daar ʼn voorsetsel in die sin voorkom.



Bv. Die perd waarop hy ry, is wild.

Wat is ʼn Wederkerige voornaamwoord?

Daar is net 1 - mekaar



Bv. Die kinders groet mekaar.

Wat is ʼn Wederkerende voornaamwoord?

Wanneer die onderwerp en voorwerp voor en na ʼn ww. dieselfde persoon/ding is word die wederkerende voornaamwoord gebruik.



Verwys dus terug na dieselfde persoon as voor die ww.



Bv.


Mamma skaam haar vir die ongeskikte kind.

Wat is ʼn Aanwysende voornaamwoord?

Verwys na iets/iemand in besonder.


Verwys dus terug na dieselfde persoon as voor die ww.



Bv. Mamma het hierdie boek vir my gekoop.

Wat is die doel van Telwoorde?

Dui getalle en posisie aan.

Watter 2 Hooftelwoorde is daar?

1. Bepaalde hooftelwoord


2. Onbepaalde hooftelwoorde

Wat dui die bepaalde hooftelwoord aan?

Dui ʼn spesifieke getal aan.



Bv.


My hond is twee jaar oud.

Wat is Onbepaalde hooftelwoord?

Woorde wat verwys na n onbepaalde aantal.



Bv.


Daar is min kinders by die atletiek.

Wat dui Rangtelwoorde aan?

Dui volgorde of posisie aan.

Watter 2 Rangtelwoorde is daar?

1. Bepaald


2. Onbepaald

Wat is ʼn bepaalde rangtelwoord?

ʼn Getal wat ʼn bepaalde posisie/rang/orde aandui.



Bv.


Sarel het eerste geëindig tydens die byeenkoms.

Wat dui ʼn onbepaalde rangtelwoord aan?

Dui ʼn onbepaalde posisie/orde aan.



Bv.


Sy staan in die middelste ry.