• Shuffle
    Toggle On
    Toggle Off
  • Alphabetize
    Toggle On
    Toggle Off
  • Front First
    Toggle On
    Toggle Off
  • Both Sides
    Toggle On
    Toggle Off
  • Read
    Toggle On
    Toggle Off
Reading...
Front

Card Range To Study

through

image

Play button

image

Play button

image

Progress

1/64

Click to flip

Use LEFT and RIGHT arrow keys to navigate between flashcards;

Use UP and DOWN arrow keys to flip the card;

H to show hint;

A reads text to speech;

64 Cards in this Set

  • Front
  • Back
Absolute selverwysing (Excel)
Absolute selverwysing (Excel)
’n Selverwysing wat nie verander wanneer die funksie of formule gekopieer word nie. Om hierdie te doen, word ’n dollarteken ($) voor die kolomletter en/of rynommer gevoeg.
Append (Access)
Append (Access)
Voeg rekords in ’n bestaande tabel van ’n databasis by.
Attribuut (HTML)
Attribuut (HTML)
’n Naam-en-waarde kombinasie wat ’n eienskap (property) van ’n element definieer. Vir sommige elemente is meer as een beskikbaar, bv. die fontgrootte en die kleur van die teks.
Bibliografie
Bibliografie
’n Lys van bronne waarna verwys is, en wat aan die einde van ’n dokument gevind word, geformateer volgens ’n gekose styl, bv. APA of Chicago.
Boekmerk/Teikenarea (HTML)
Boekmerk/

Teikenarea (HTML)

’n Posisie op ’n webblad wat met behulp van HTML-kode gemerk en met ’n sekere naam gestoor word. ’n Anchor-tag saam met die href-attribuut word dan gebruik om ’n hiperskakel na dit toe te skep.
Boekmerk (Word)
Boekmerk (Word)
Word gebruik om plekke of spesifieke teksgedeeltes in ’n dokument te merk sodat mens vinnig en maklik daarheen kan navigeer.
Byskrif (Caption – Word)
Byskrif (Caption – Word)
’n Genommerde beskrywing wat aan ’n grafiese objek (soos ’n diagram of ’n foto) of aan ’n tabel toegeken word.
Chart Area (Excel)
Chart Area (Excel)
Bestaan uit die Plot Area en die ‘buitenste’ deel van die grafiek waar die titels voorkom.
Sitaat (Citation)
Sitaat (Citation)
Verwysing na die bron wat in ’n spesifieke instansie gebruik is en in die teks, direk na die inligting waarna verwys word, gevind word.
Kolomonderbreking (Column break – Word)
Kolomonder-breking (Column break) – Word
Gebruik as jy teks na die begin van die volgende kolom wil skuif.
Combo Box (Access)
Combo Box (Access)
’n Lys van waardes waaruit die gebruiker ’n waarde kan kies. Net een waarde sal op ’n slag sigbaar wees, die ander sal verskyn wanneer daar op die pyltjie van die aftrek-kieslys geklik word. ’n Lookup Wizard word gebruik om die lys met waardes te skep.
Kombinasiegrafiek (Combo chart – Excel)
Kombinasie-grafiek (Combo chart) – Excel
As ’n grafiek meer as een datareeks het, kan ’n ander tipe grafiek vir elke reeks gebruik word.
Konstante (Excel)
Konstante (Excel)
’n Inskrywing wat ’n spesifieke vaste waarde het, bv. 3.5.
Crop (Word)
Crop (Word)
Die verwydering van gedeeltes van ’n prent wat jy nie wil gebruik nie. Jy kan die prent ook pasmaak om byvoorbeeld in ’n spesifieke vorm te pas.
Kruisverwysing
Kruisverwysing
Word gebruik om na verwante inligting op ’n ander plek in dieselfde dokument te verwys. Mens kan kies watter inligting om te vertoon oor die item waarna verwys word. ’n Hiperskakel na hierdie item word by verstek geskep.
CSV-lêer
CSV-lêer
’n Tekslêer wat kommas gebruik om die waardes in elke reël te skei. Dit word algemeen gebruik om data vanaf een program na ’n ander in- of uit te voer.
Data-etikette (Data labels – Excel)
Data-etikette (Data labels) – Excel
Die waardes van die datapunte op ’n grafiek.
Datareeks (Excel)
Datareeks (Excel)
’n Kolom of ry getalle in ’n sigblad wat op ’n grafiek vertoon word.
Data-validering
Data-validering
Die toepassing van enige tegniek wat kan verhoed dat ongeldige data ingetik word.
Date picker (Access)
Date picker (Access)
Kontrole in Access waarmee mens ’n spesifieke datum kan kies deur op ’n skermkalender te klik.
Verstekwaarde (Access)
Verstek-waarde (Access)
’n Waarde wat outomaties aan ’n veld in ’n nuwe rekord toegeken word.
Skeidingskarakter (Delimiter)
Skeidings-karakter (Delimiter)
’n Karakter, soos ’n komma, spasie of tab, wat gebruik word om stukkies data (elke veld) in ’n reël van ’n CSV-lêer te skei.
Drop Cap (Word)
Drop Cap (Word)
’n Vergrote, eerste letter of woord van ’n paragraaf, wat afval in die reël(s) ondertoe.
En-streep (Word)
En-streep (Word)
’n Aandagstreep wat net langer as ’n koppelteken is en veral by getalintervalle en tussen opmerkings gebruik word.
Eindnota (Endnote – Word)
Eindnota (Endnote – Word)
Soos ’n voetnota (soortgelyke funksie), maar die verskil is dat hierdie een aan die einde van ’n afdeling, of aan die einde van ’n dokument voorkom
Uitvoer (Exporting)
Uitvoer (Exporting)
Om data in ’n formaat te stoor wat deur verskillende weergawes van dieselfde toepassing, of deur ’n ander toepassing gelees kan word.
Veld (Access)
Veld (Access)
’n Enkele feit of die kleinste eenheid van data binne ’n databasis.
Filter (Access)
Filter (Access)
’n Kriterium of reël wat jy vir ’n veld opstel om slegs die rekords wat aan die kriterium voldoen, te vertoon.
Filter (Excel)
Filter (Excel)
Kenmerk wat gebruik word om slegs sekere rye data in ’n werkblad te vertoon.
Voetnota (Footnote – Word)
Voetnota (Footnote – Word)
Bykomende inligting wat onderaan ’n bladsy geplaas word en deur ’n nommer of simbool aan die relevante teks in die dokument op die bladsy gekoppel word.
Gap width (Excel)
Gap width (Excel)
Die afstand tussen die stafies of balkies in ’n grafiek – word as ’n persentasie van die wydte van die stafies of balkies gegee.
Gidslyne (gridlines – Excel-grafiek)
Gidslyne (gridlines – Excel-grafiek)
Lyne in die plot-area van ’n grafiek, wat dit makliker maak om die waardes van die datapunte te skat.
Gidslyntjies (gridlines – Excel-werkblad)
Gidslyntjies (gridlines) – Excel-werkblad
Lyne wat ’n rooster vorm en veroorsaak dat die selle van ’n werkblad onderskei kan word.
Hardespasie (Word)
Hardespasie (Word)
’n Spasie waar woordomvou nie kan plaasvind nie. Die karakters / woorde weerskante daarvan sal saam op ’n reël bly.
Bladsy-boskrif/ onderskrif (Header / Footer)
Bladsy-boskrif/ onderskrif (Header / Footer)
’n Area binne die boonste of onderste kantlyne van ’n dokument wat inligting kan bevat wat op elke bladsy van die dokument of seksie vertoon word, soos bladsynommers, 'n maatskappy se logo of die lêernaam"
HTML
HTML
Een van die tale waarin webblaaie geskep word. Dit word gebruik om inhoud op die www op te stel en aan te bied, insluitende teks, grafika, klank en video.
Invoer (Importing)
Invoer (Importing)
Om data wat met ’n ander weergawe van ’n toepassing of deur ’n ander toepassing geskep is, oop te maak of te ‘lees’.
Toevoermasker (Input Mask – Access)
Toevoer-masker (Input Mask – Access)
’n Veldeienskap wat in Design View vir ’n spesifieke veld gestel kan word. Dit is ’n kode wat uit ’n kombinasie van letters, syfers en simbole bestaan, en word gebruik om ’n spesifieke formaat waarin data ingesleutel moet word, af te dwing.
Etiket (Label – Access)
Etiket (Label – Access)
’n Kontrole wat teks bevat en hoofsaaklik vir opskrifte en byskrifte gebruik word.
Randskrif (Legend – Excel)
Randskrif (Legend – Excel)
Die ‘sleutel’ wat die name van die verskillende datareekse in die grafiek aandui, deur die vulkleure of patrone wat gebruik is te benoem.
List Box (Access)
List Box (Access)
’n Lys van waardes waaruit die gebruiker ’n waarde kan kies maar nie een kan byvoeg nie.
Markers (Merkers – Excel)
Markers (Merkers – Excel)
Puntjies (bv. kolletjies of kruisies) wat gebruik word om die werklike datapunte op ’n lyngrafiek aan te dui.
Nie-afbreekbare koppelteken (Word)
Nie-afbreekbare koppelteken (Word)
Word gebruik indien jy nie wil hê dat ’n woord wat ’n koppelteken bevat daar afgekap moet word nie.
OLE Object (Access)
OLE Object (Access)
’n Datatipe wat behalwe ander datatipes ook grafika, klank en video kan bevat.
Bladsy-onderbreking
Bladsy-onderbreking
Begin teks op ’n nuwe bladsy sonder om ’n nuwe seksie te begin.
Plot Area (Excel)
Plot Area (Excel)
Die ‘middelste’ deel van die grafiek waar die data – die balkies/stafies/lyn – voorkom.
Primêre sleutel (Access)
Primêre sleutel (Access)
’n Veld wat elke rekord d.m.v ’n unieke waarde identifiseer.
Rekord (Access)
Rekord (Access)
’n Groep verwante velde wat die besonderhede oor ’n bepaalde entiteit bevat.
Relatiewe selverwysing (Excel)
Relatiewe selverwysing (Excel)
Wanneer ’n formule of funksie van een sel na ’n ander gekopieer word, pas die selverwysings relatief tot die oorspronklike sel aan.
Seksie (Word)
Seksie (Word)
’n Gedeelte van ’n dokument waarvan die bladsyformatering van die res van die dokument kan verskil. Dit word dus gebruik om die bladsyuitleg op een of meer bladsye van ’n dokument te varieer.
Seksie-onderbreking (Word)
Seksie-onderbreking (Word)
Verdeel ’n dokument of bladsy in seksies en dui die einde van ’n seksie of die begin van ’n nuwe seksie aan. Onderskei seksies van mekaar en laat toe dat verskillende seksies verskillend geformateer kan word.
Vul en Stapel (Stack and scale) – Excel
Vul en Stapel (Stack and scale) – Excel
Waar ’n datareeks met prente gevul is, en elke prent gebruik word om ’n sekere aantal eenhede te verteenwoordig.
Stacked chart (Opgestapelde-grafiek – Excel)
Stacked chart (Opge-stapelde-grafiek – Excel)
’n Soort grafiek waar datareekse bo-op mekaar geplaas word – nuttig om hoofkategorieë (groottotale) en subkategorieë in dieselfde grafiek te vergelyk.
String (teksdata)
String (teksdata)
Kombinasies van karakters (letters, syfers en simbole soos @) in teksdata. Voorbeelde is name en vanne, maar ook stringe syfers soos selnommers en poskodes.
Styl (Word)
Styl (Word)
’n Kombinasie van formateringseienskappe, soos font-grootte en -tipe, en paragraafspasiëring, wat as ’n versameling onder een naam gestoor word.
Inhoudsopgawe (Table of contents – Word)
Inhouds-opgawe (Table of contents – Word)
’n Outomatiese lys van opskrifte of hoofstukke en die bladsynommers waarop dit begin, wat aan die begin van ’n dokument voorkom.
Templaat
Templaat
’n Bloudruk, meesterdokument of raamwerk vir ’n spesifieke soort dokument, met ’n geskikte uitleg. Dit word gebruik deur slegs die ontbrekende inligting in te vul.
Track Changes (Word)
Track Changes (Word)
’n Eienskap van ’n woordverwerker wat gebruik kan word om al die veranderinge wat in die dokument gemaak is na te speur of te merk.
Trendline (Tendenslyn – Excel)
Trendline (Tendenslyn – Excel)
’n Reguit of geboë soort ‘beste pas’-lyn op ’n grafiek, wat die algemene neiging of rigting van die waardes van ’n datareeks (gewoonlik oor ’n sekere tydsduur) aandui.
Geldige data
Geldige data
Data-waardes wat aanvaarbaar is in terme van toelaatbare waardes, die grense waarbinne dit val of die formaat waarin dit ingesleutel is.
Valideringsreël (Validation Rule – Access)
Validerings-reël (Validation Rule) – Access
Die voorwaarde(s) waaraan die data in ’n spesifieke veld moet voldoen om as geldige data aanvaar te word.
Valideringsteks (Validation Text – Access)
Validerings-teks (Validation Text) – Access
Die boodskap wat vertoon moet word as die data wat ingesleutel is nie aan die voorwaarde(s) in die valideringsreël voldoen nie.
Watermark (Word)
Watermark (Word)
Teks of grafika wat baie lig, as agtergrond, op al die bladsye in ’n dokument voorkom.
Widow/Orphan (Word)
Sweef-/ Rugreël (Widow/ Orphan) – Word
’n Enkele reël aan die onderkant of bokant van ’n bladsy, van ’n paragraaf wat verdeel word deur die oorgang na ’n nuwe bladsy.