Use LEFT and RIGHT arrow keys to navigate between flashcards;
Use UP and DOWN arrow keys to flip the card;
H to show hint;
A reads text to speech;
58 Cards in this Set
- Front
- Back
![]()
Rugsteun (Backup)
|
Die maak van kopieë van lêers met die doel om ekstra kopieë te hê ingeval die oorspronklike lêers verdwyn of om een of ander rede beskadig word.
|
|
![]()
Greep (Byte)
|
Elke karakter wat ons stoor, soos ‘4’ of ‘A’ of ‘%’, neem die hoeveelheid plek in beslag waarna ons as ’n ... verwys.
|
|
![]()
Cloud computing
|
’n Algemene term wat verwys na die deel en gebruik van hulpbronne en toepassings wat as internetdienste aangebied word.
|
|
![]()
Cloud storage
|
Die aanlyn stoor van lêers.
|
|
![]()
EULA
|
’n Wettige kontrak tussen jou as gebruiker en die maatskappy wat die sagteware verskaf. Dit beskryf wat jy met die sagteware mag doen en nie mag doen nie.
|
|
![]()
File attribute (Lêerattri-buut)
|
’n Eienskap van ’n lêer wat gestel kan word. Die twee attribute wat ons die meeste aantref is die Hidden en Read-Only-lêerattribute.
|
|
![]()
Lêeruit-breiding
|
’n Stel karakters (gewoonlik 3-5) wat aan die einde van ’n lêernaam gevoeg word en wat die tipe lêer identifiseer, bv. docx is ’n Word-lêer.
|
|
![]()
File property (Lêerken-merk)
|
Die basiese inligting oor ’n lêer soos die naam, grootte en datum waarop dit verander is.
|
|
![]()
Formatering (van ’n skyf)
|
Die voorbereiding van ’n skyf vir die stoor van data. Die meeste skywe is vooraf geformateer. Die formatering van ’n skyf sal al die data wat daarop gestoor is, uitvee.
|
|
![]()
Fragmentasie
|
Hoe meer jy jou rekenaar gebruik, hoe meer word lêers (en dele van lêers) oor die skyf versprei. Hoe meer verspreid die dele van lêers is, hoe stadiger word jou rekenaar, omdat dit langer neem om lêers oop te maak.
|
|
![]()
Geo-tagging (geo-etikettering)
|
Proses waarvolgens die geografiese posisie (in terme van die lengte- en breedtegraad se koördinate) vanwaar ’n foto deur ’n digitale kamera geneem is, in die metadata van die lêer gestoor word.
|
|
![]()
Hidden-attribuut
|
’n Lêerattribuut wat aandui of ’n lêer sigbaar is of nie. Al verskil tussen ’n versteekte lêer en enige ander lêer, is dat ’n versteekte lêer by verstek nie in die lys van lêers en lêergidse wat jy in File Explorer sien, sal verskyn nie.
|
|
![]()
Metadata
|
Aanvullende data oor ’n lêer wat die inhoud van die lêer beskryf, bv. die skrywer en titel van die lêer.
|
|
![]()
Multitaakverwerking
|
Die vermoë van ’n bedryfstelsel om veelvuldige take of prosesse tegelykertyd te laai en te verwerk.
|
|
![]()
Multigebruiker-bedryfstelsel
|
’n Bedryfstelsel wat voorsiening maak vir baie gebruikers om tegelyk toegang tot die rekenaarstelsel te hê. Dit kom dikwels by netwerke voor waar een enkele bedryfstelsel veelvuldige gebruikers wat gelyktydig aangeteken is, hanteer.
|
|
![]()
Aanlyn stoor
|
Stoorspasie op ’n bedienerrekenaar op die internet wat aan gebruikers toegeken word. Gebruikers kan toegang verkry vanaf enige plek waar mens by die bediener kan inteken.
|
|
![]()
Patch
|
Aflaaibare opdatering tot sagteware, veral om foute reg te stel of sekuriteit te versterk.
|
|
![]()
Lêerpad
|
Die opeenvolging van lêergidse, wat begin met die aandrywerletter en met \ geskei, wat lei tot die plek van ’n spesifieke lêer, bv. U:\Dokumente\Finansies\2019
|
|
![]()
PDF
|
’n Lêerformaat wat gebruik word om dokument-lêers te versprei, omdat dit nie vereis dat die program waarin dit geskep is geïnstalleer moet wees om dit te lees nie. Al wat jy benodig om dit te kan lees is die gratis nutsprogram, Adobe Reader.
|
|
![]()
Gewone tekslêers
|
’n Tekslêer wat reëls met ongeformateerde teks bevat. Die lêeruitbreiding .txt word met tekslêers geassosieer.
|
|
![]()
Platform
|
’n Tipe bedryfstelsel, bv. Linux, Android, Windows.
|
|
![]()
Plug-and-play
|
’n Reeks tegnologieë waar die bedryfstelsel ’n toestel wat by die rekenaar ingeprop is outomaties waarneem en konfigureer, sodat die toestel feitlik onmiddellik gebruik kan word.
|
|
![]()
Programlêers
|
Hierdie is in werklikheid programme, en nie datalêers nie, wat uitvoer wanneer dit oopgemaak word. Hulle het gewoonlik .com- of .exe-lêeruitbreidings.
|
|
![]()
Read-only
|
’n Lêerattribuut wat aandui of ’n lêer ‘read-only’ is of nie. ’n Read-Only-lêer kan nie verander word, en dan onder dieselfde naam in dieselfde lêergids gestoor word nie.
|
|
![]()
Rich Text-formaat (rtf)
|
’n Lêerformaat wat teksformatering soos vetdruk, fontgroottes, tabelstoppunte en selfs prente ondersteun. Die formaat word algemeen gebruik, en deur die meeste woordverwerkers ondersteun.
|
|
![]()
Enkel-gebruiker-lisensie (Single-user licence)
|
’n Lisensie waar die sagteware net op een rekenaar geïnstalleer mag word. Jy mag dit nie op meer as een rekenaar installeer nie.
|
|
![]()
Enkel-gebruiker-bedryfstelsel
|
’n Bedryfstelsel wat slegs deur een gebruiker op ‘n slag gebruik kan word.
|
|
![]()
Terrein-lisensie (Site licence)
|
Dit laat ’n maatskappy of organisasie toe om sagteware ’n onbeperkte aantal kere binne daardie maatskappy of organisasie te installeer.
|
|
![]()
Sagtekopie
|
Visuele afvoer op ons rekenaarskerms ((in teenstelling met hardekopie – afvoer op papier).
|
|
![]()
Task Manager
|
Voorsien inligting oor die rekenaar se werkverrigting en die toepassings en prosesse. Dit word meestal gebruik om take of programme wat opgehou werk het, te beëindig.
|
|
![]()
Tooltip
|
’n Wenk of inligting wat verskyn wanneer mens die wyser op ’n ikoon of objek laat rus.
|
|
![]()
Opdateer (van sagteware)
|
Die proses om die nuutste ‘korreksies’ van programme te kry waar foute reggemaak is of om nuwe, addisionele funksies en eienskappe te kry.
|
|
![]()
Opgradeer (van sagteware)
|
’n Nuwe weergawe van die sagteware, wat beteken dat ’n nuwe program, met redelike groot veranderinge of nuwe eienskappe, geïnstalleer word. Gebruikers moet gewoonlik vir dit betaal.
|
|
![]()
Toegangs-beheer (Access control)
|
Die bedryfstelsel vra jou eers vir toestemming voordat enige sagteware geïnstalleer kan word. Die idee is dat dit nie langer vir kwaadwillige sagteware moontlik moet wees om op jou rekenaar, sonder jou toestemming, geïnstalleer te word nie.
|
|
![]()
Algoritme
|
’n Stap-vir-stap-oplossing vir ’n probleem (gebruik in programmering).
|
|
![]()
Toepassingsagteware
|
’n Groep programme wat spesifieke take vir gebruikers verrig, byvoorbeeld woordverwerkingsprogramme.
|
|
![]()
Argivering (archiving – lêers)
|
Kopieë word gehou van lêers wat mens nie regtig meer wil gebruik nie maar net vir verwysing wil hou, ingeval jy dit nodig kry.
|
|
Beta-sagteware
|
Voorlopige (voorverkoop-) weergawes van sagteware, wat deur ontwikkelaars vrygestel word sodat dit deur die publiek getoets kan word. Soos foute aangemeld word, probeer die programmeerders om hulle reg te maak voordat die finale weergawe van die sagteware vrygestel word.
|
|
![]()
Bug (sagteware)
|
’n Fout wat per ongeluk in die program beland het toe die programmeerders die sagteware ontwikkel het. (Nie ’n virus nie.)
|
|
![]()
Clipboard
|
Area in die geheue (RAM) waar objekte (teks sowel as grafika) wat gekopieer of geskuif word, tydelik gestoor word. Hulle word daar gehou totdat hulle iewers geplak (paste) word (of totdat die program toegemaak word, of die rekenaar afgeskakel word).
|
|
![]()
Defragmentasie
|
Jy gebruik ’n nutsprogram om gefragmenteerde lêers te herstel. Die nutsprogram wat die lêers herstel sal die deeltjies van die lêers wat oor die skyf versprei lê, herrangskik en elke lêer weer ‘aanmekaarsit’, sodat hulle vinniger van die stoormedium af gelaai kan word.
|
|
![]()
Disk Cleanup
|
’n Nutsprogram wat gebruik kan word om meer stoorspasie beskikbaar te maak deur onnodige lêers te verwyder.
|
|
![]()
Disk scanner
|
’n Nutsprogram wat saam met alle bedryfstelsels kom. Dit kan gebruik word om foute en foutiewe sektore op ’n skyf te soek, en dit te probeer regmaak.
|
|
![]()
Afwaarts / terugwaarts versoenbaar
|
Die sagteware kan lêers wat in vorige (ouer) weergawes van die sagteware geskep is, oopmaak en gebruik.
|
|
![]()
Drywerprogram (Driver)
|
Sagteware wat jou rekenaar in staat stel om met hardeware of toestelle te kommunikeer. ’n Groot klomp van hierdie programme is by die bedryfstelsel ingesluit en oor die algemeen word dit outomaties geïnstalleer.
|
|
![]()
Linux
|
’n Oopbron-bedryfstelsel.
|
|
![]()
OCR
|
Skakel teks in ’n beeld om na redigeerbare teks.
|
|
![]()
Oopbronsagteware (Open Source Software – OSS)
|
Sagteware wat vrylik gebruik, verander en versprei mag word. Dit mag egter nie verkoop word nie.
|
|
![]()
Bedryfstelsel (Operating system)
|
Stelselsagteware wat alle aktiwiteite binne die rekenaar beheer. Voorbeelde sluit die Windows-reeks, Linux, macOS, iOS en Android in.
|
|
![]()
Eiendomsregtelike sagteware (Proprietary software)
|
Sagteware wat vanaf die eienaar gekoop word, is sagteware wat so gelisensieer is dat die gebruiker dit net volgens sekere voorwaardes mag gebruik. Hulle mag dit nie verander of vir ander uitdeel nie.
|
|
![]()
Skeduleerder
|
’n Program wat gebruik word om sekere programme op spesifieke tye te laat uitvoer.
|
|
![]()
Service Pack
|
’n Versameling van al die vorige opdaterings, vir ’n sekere tydsperiode (’n jaar of 6 maande). Dit is vir mense wat agter is met opdaterings, sodat alles op een slag reggemaak kan word." Dit is grootliks uit die mode. Die meeste sagtewaremaatskappye skep sagteware sodat dit gereeld sal nagaan of daar opdaterings beskikbaar is en dit dan outomaties aflaai en installeer.
|
|
![]()
Stemherkenningsagteware (Speech recognition)
|
Sagteware wat ‘luister’ na wat jy sê, en dit as opdragte ‘verstaan’, of dit in teks verander (in plaas daarvan dat mens die teks intik).
|
|
![]()
Subskripsie-sagteware
|
Sagteware waarvoor die gebruiker ’n maandelikse of jaarlikse subskripsie betaal vir die gebruik van die sagteware, bv. Office 365.
|
|
![]()
Stelsel-sagteware
|
Programme waarmee die rekenaar beheer, ondersteun en bedryf word.
|
|
![]()
Nuts-programme (Utility programs)
|
Stelselsagteware wat die gebruiker help om instandhoudingstake wat met die bestuur van ’n rekenaar te doen het, te verrig.
|
|
![]()
Virtuele assistent
|
Sagteware waarmee jy met jou foon (of tablet) kan praat, wat jou dan sal ‘verstaan’ en reageer op wat jy gesê het.
|
|
![]()
Stem-herkenning-sagteware
|
Sagteware wat maak dat die rekenaar jou kan ‘verstaan’ as jy daarmee praat. Daar is twee basiese kategorieë: sagteware wat jy kan gebruik om opdragte aan die rekenaar te gee en om teks aan die rekenaar te dikteer, en die sogenaamde ‘virtuele assistente’.
|