Use LEFT and RIGHT arrow keys to navigate between flashcards;
Use UP and DOWN arrow keys to flip the card;
H to show hint;
A reads text to speech;
77 Cards in this Set
- Front
- Back
![]()
3G / 4G (LTE)
|
Generasies van mobiele selfoontegnologie. Hulle bestaan uit ’n infrastruktuur van netwerke wat tegnologies hoogs gevorderd is.
|
|
![]()
802.11 a/b/g/n
|
Spesifikasie wat aandui of n toestel ’n koordlose aanpasser het (vir WiFi). Die letters dui die spoed van die koordlose netwerk aan.
|
|
![]()
Add-on / Extension (Webblaaier-byvoegsel of uitbreiding)
|
’n Derdeparty-app wat afgelaai kan word om die funksionaliteit van ’n webblaaier verder te neem as net om daarmee rond te blaai, bv. Vertaler-nutsprogramme en advertensie-blokkeerders.
|
|
![]()
ADSL
|
’n Permanente digitale konneksie aan die internet wat ’n gewone landlyn of telefoonlyn gebruik.
|
|
![]()
Argivering (e-pos)
|
Boodskappe word uit jou inboks na ’n lêer toe geskuif – sonder om die boodskappe uit te vee.
|
|
![]()
Aanvaar-bare Gebruikers Beleid
Acceptable Use Policy (AUP) |
’n Gedragskode wat die regte en verantwoordelike van gebruikers, veral dié in netwerkomgewings, omskryf.
|
|
![]()
Ruggraat (backbone)
|
’n Netwerkkabel wat verskillende LAN’s verbind.
|
|
![]()
Bandwydte
|
Die totale hoeveelheid data wat van een punt na ’n ander binne ’n gegewe tydperk oorgedra word. Dit word gewoonlik in Kilobisse per sekonde (Kbps) of Megabisse per sekonde (Mbps) gemeet.
|
|
![]()
Boekmerke (webblaaier)
|
’n Opsie wat dit vir gebruikers moontlik maak om kortpaaie te skep na die webblaaie wat hulle dikwels besoek. Ook bekend as gunstelinge (Favorites).
|
|
![]()
Botnet
|
’n Groep blootgestelde of geïnfekteerde rekenaars wat aan ’n netwerk soos die internet gekoppel is en oor ’n afstand beheer word om ander masjiene aan te val deur hulle met kwaadwillige sagteware te infekteer, spam uit te stuur, ens.
|
|
![]()
Breëband
|
’n Hoëspoed-, hoëbandwydte-konneksie met die internet.
|
|
![]()
BYOD
|
’n Beleid waarvolgens mense toegelaat word om hul eie rekenaartoestel (skootrekenaar, foon of tablet) skool of werk toe te bring. Hulle gebruik dit dan in plaas van die rekenaartoestel wat deur die skool of maatskappy voorsien of besit word. Hulle koppel aan die skool- of maatskappynetwerk d.m.v. WiFi.
|
|
![]()
Kasberging (Caching – web)
|
Die proses wat webbladsye wat onlangs besoek is, tydelik op die hardeskyf stoor sodat toegang daartoe vinniger verkry kan word as dit weer benodig word.
|
|
![]()
Cap
|
Die beperkte hoeveelheid data wat per maand afgelaai en opgelaai kan word sonder om ekstra te betaal.
|
|
![]()
CAPTCHA
|
’n Toets om te bepaal of dit ’n mens is wat met die rekenaar in interaksie is. Dit neem gewoonlik die vorm van verwronge letters en/of woorde aan, wat nie deur ’n rekenaarprogram herken kan word nie maar wel maklik deur mense.
|
|
![]()
Kliënt-rekenaars
|
Rekenaars wat in ’n netwerk gekoppel is en van die dienste en bronne van die bedieners gebruik maak.
|
|
![]()
Verspreide rekenaarverwerking (Distributed processing)
|
’n Tipe verwerking waar die nodige verwerking om ’n probleem op te los tussen rekenaars (verskeie bedieners in verskillende datasentrums) verdeel word, om so die verwerkingskrag te verhoog.
|
|
![]()
Verspreidings-lys (e-pos)
|
’n Lys e-posadresse gegroepeer onder ’n enkele naam. ’n E-pos aan hierdie lys sal al die e-posadresse op die lys bereik. Ook as ’n verspreidingslys of ‘n kontakgroep bekend
|
|
![]()
E-handel (E-commerce)
|
Die algemene term vir enige besigheidstransaksie wat kommunikasie oor die internet behels.
|
|
![]()
EFT (Electronic Funds Transfer)
|
Die oorplasing van geld vanaf een rekening na ’n ander deur gebruik te maak van die internet en internetbankdienste.
|
|
![]()
E-pos
|
Boodskappe wat elektronies geskep, gestuur en ontvang word via ’n netwerk, insluitend die internet.
|
|
![]()
Veselkabel
|
’n Soort netwerkkabel wat lig gebruik om data oor te dra en ondersteun dus baie vinnige data-oordrag.
|
|
![]()
Firewall
|
Dit kontroleer watter programme via die internet toegang tot jou rekenaar probeer kry, of toegang tot die internet vanaf jou rekenaar probeer kry. Dit kan uit hardeware of sagteware of ’n kombinasie van die twee bestaan.
|
|
![]()
Grid computing
|
’n Stelsel waar die hulpbronne van verskeie rekenaars saamgevoeg en tegelyk gebruik word om ’n enkele probleem op te los.
|
|
![]()
HAN
|
’n Klein netwerk binne iemand se woonplek. Toestelle soos rekenaars, drukkers, tablette, slimfone, slim-TV’s en speletjietoestelle kan in so netwerk gekoppel word.
|
|
![]()
History (Geskiedenis – webblaaier)
|
’n Opsie wat jou help om blaaie wat jy voorheen besoek het weer te vind. As jy op hierdie opsie klik vertoon dit ’n lys van webwerwe wat jy besoek het.
|
|
![]()
Tuisblad (Home page)
|
Is die eerste blad van ’n webwerf en dit bevat inligting oor die webwerf se doel en inhoud. Dit verskaf ook skakels na ander webblaaie en hulpbronne op die webwerf.
|
|
![]()
Hotspot
|
Die area waarin ’n WiFi-sein opgespoor en gebruik kan word.
|
|
![]()
Hiperskakel (Hyperlink)
|
’n Ingeboude konneksie of verbinding na ’n ander plek in ’n dokument (webblad, hulpbron) wat dikwels as blou onderstreepte teks aangedui is.
|
|
![]()
Instant Messaging (IM)
|
Lewendige elektroniese kommunikasie wat gewoonlik tussen twee mense op rekenaars of ander toestelle soos slimfone plaasvind. Dit het uitgebrei om nie net teks te kan deel nie, maar ook foto’s en video. Hulle kan ook stem- en video-oproepe maak deur VoIP-tegnologie te gebruik.
|
|
![]()
Internet
|
’n Rekenaarnetwerk wat oor die hele wêreld strek en bestaan uit rekenaars, toestelle en netwerke wat deur middel van kommunikasiemedia gekoppel is.
|
|
![]()
Intranet
|
’n Organisasie se private netwerk. Dit is ’n netwerkomgewing wat baie soos die internet is, omdat dit uit die organisasie se webblaaie bestaan. Die inligting op die netwerk is net vir die organisasie se werknemers beskikbaar.
|
|
![]()
IP-adres
|
’n Numeriese adres wat ’n rekenaar in ’n netwerk of op die internet uniek identifiseer.
|
|
![]()
ISP
|
’n Maatskappy wat oor ’n vinnige, permanente internetkoppeling beskik. Hierdie maatskappye verkoop internettoegang aan individue of organisasies teen ’n maandelikse bedrag.
|
|
![]()
ISP-gebaseerde e-pos
|
Met hierdie, verkry jy toegang tot jou e-pos deur sagteware soos Microsoft Outlook te gebruik op die toestel waar jou e-posrekening opgestel is.
|
|
![]()
LAN
|
’n Netwerk wat rekenaars oor ’n klein area soos in ’n skool, universiteitskampus of in die gebou van ’n maatskappy verbind.
|
|
![]()
LTE
|
Die volgende generasie hoëspoed sellulêre konnektiwiteit ná 3G, ook bekend as 4G.
|
|
![]()
E-poslys (Mailing list)
|
’n Lys e-posadresse gegroepeer onder ’n enkele naam. ’n E-pos aan hierdie lys sal al die e-posadresse op die lys bereik.
|
|
![]()
NFC
|
’n Standaard of tegnologie wat elektroniese toestelle in staat stel om koordloos te kommunikeer en data uit te ruil deur dit eenvoudig teen mekaar te laat raak of net naby mekaar te bring. Dit word grootliks vir die verwerking van betalings gebruik.
|
|
![]()
NIC
|
Konnekteer rekenaar aan ’n gekabelde netwerk, maak voorsiening vir rekenaar om met die netwerk te kommunikeer.
|
|
![]()
PAN
|
’n Netwerk wat rondom ’n enkele persoon of ’n paar mense gestruktureer is met ’n reikafstand van ’n paar meter.
|
|
![]()
Podcast
|
’n Klanklêer (dikwels in ’n MP3-formaat) wat beskikbaar is om gratis of teen betaling van die internet afgelaai te word. ’n vodcast bevat videogrepe of foto’s.
|
|
![]()
Pop-up (Opwipper – webblaaier)
|
’n Webbladvenstertjie wat bo-oor die webblad waarna jy kyk, verskyn. Dit word gewoonlik geskep deur adverteerders en maak oop sodra jy die webwerf besoek.
|
|
![]()
Intydse boodskapdienste (Real-time messaging)
|
Intydse stuur/ontvang van boodskappe (ook prente, video en stem) aanlyn. Dit sluit in IM (bv. WhatsApp) en klets (chat)
|
|
![]()
Roeteerder (router)
|
’n Netwerktoestel wat dit vir toestelle moontlik maak om in ’n netwerk gekoppel te wees en om internetkonnektiwiteit moontlik te maak deur die gebruik van ’n vaste lyn (telefoonlyn of optieseveselkabel) of ’n koordlose verbinding soos WiFi.
|
|
![]()
Soekenjin (Search engine)
|
’n Program wat na dokumente op die web soek, deur van sleutelwoorde of frases wat deur die gebruiker ingetik word, gebruik te maak.
|
|
![]()
Veilige URL
|
’n URL wat met https:// begin, of as ’n klein slotjie iewers op die webblad vertoon word, dikwels langs die URL. Dit beteken dat die webwerf geënkripteer (encrypted) is om aan sekuriteitsvereistes te voldoen.
|
|
![]()
Shaped-konneksie (network tuning)
|
’n Internetkonneksie waar voorkeur gegee word aan sekere internetdienste, soos e-pos, aflaai van data en websoektogte, terwyl ander dienste soos aanlyn speletjies en VoIP laer voorkeur geniet en stadiger is.
|
|
![]()
Skype
|
’n Gewilde program wat gebruik word om deur middel van VoIP te kommunikeer. Mens kan video-oproepe maak as daar ’n webkamera aan jou rekenaar gekoppel is.
|
|
![]()
Sosiale netwerktuiste
|
’n Webwerf waar individue en organisasies hulle voorkeure, afkeure, belangstellings, foto’s en aktiwiteite kan publiseer.
|
|
![]()
Spam
|
Die elektroniese ekwivalent van gemorspos (junk mail) – advertensies wat jy ongevraagd as e-pos ontvang.
|
|
![]()
Switch
|
’n Toestel wat gebruik word om die rekenaars in ’n netwerk (soos ’n LAN) met behulp van kabels te koppel sodat kommunikasie tussen die rekenaars kan plaasvind. Dit word nie vir koppeling met die internet gebruik nie.
|
|
![]()
Sinchroni-sering (Synching)
|
’n Kenmerk van aanlyn stoor, waar veranderinge aan ’n lêer op alle toestelle wat daardie lêer deel, opgedateer sal word. Op hierdie manier kan jy seker maak dat jy altyd met die nuutste weergawe van ’n lêer werk.
|
|
![]()
Tabbed browsing
|
Stel jou in staat om ’n klomp webblaaie op aparte tabs van dieselfde webblaaier gelyk oop te hê. So kan jy vinnig tussen die verskillende webblaaie beweeg.
|
|
![]()
Thin client
|
’n Spesiale (goedkoper) soort rekenaar wat nie sy eie hardeskyf het nie, en beperkte geheue en SVE-krag het. Maak op ’n bediener staat vir hulpbronne.
|
|
![]()
Throttling
|
Wanneer jou ISP die spoed van jou internetkonneksie verminder, omrede hulle dink jy gebruik te veel data. Elke ISP het ’n beleid vir aanvaarbare gebruik (Acceptable Use Policy – AUP) wat spesifiseer hoe en wanneer hulle sulke stappe sal neem.
|
|
![]()
Twitter
|
’n Microblogging-diens (‘micro’ word hier gebruik om die diens te beskryf, omdat boodskappe in Twitter nie langer as 280 karakters kan wees nie). Twitter stel mense in staat om boodskappe aan hulle ‘aanhangers’ te stuur.
|
|
![]()
Unshaped-konneksie
|
’n Internetkonneksie waar alle internetdienste dieselfde voorkeur geniet.
|
|
![]()
URL shortener (URL-verkorter)
|
’n Hulpmiddel of diens, soos TinyURL.com, wat ’n lang URL in ’n korter een omskakel. Hierdie korter URL sal ’n gebruiker na dieselfde webadres neem, maar dis makliker om te onthou en/of te tik.
|
|
![]()
URL
|
’n Unieke alfa-numeriese adres wat gebruik word om hulpbronne soos webwerwe, webblaaie, dokumente en lêers wat op webbedieners op die web gestoor is, te identifiseer. Dit word in die adresbalkie van ’n webblaaier ingetik.
|
|
![]()
UTP-kabel
|
Die soort kabel wat gewoonlik gebruik word om rekenaars in ’n LAN, insluitend ’n HAN, te verbind.
|
|
![]()
Videoblog (vlog)
|
’n Tipe blog wat van video as die medium gebruik maak. Inskrywings bestaan gewoonlik uit videogrepe, ondersteun deur teks en prente.
|
|
![]()
Video-konferensie
|
'n Aanlyn konferensie gehou deur twee of meer mense op verskillende plekke, waar ’n rekenaarnetwerk gebruik word om klank- en videodata oor en weer te stuur, sodat dit plaasvind asof al die deelnemers in dieselfde lokaal is.
|
|
![]()
Virtuele gemeenskap
|
’n Groep mense wat aanlyn bymekaarkom om idees en belange te deel.
|
|
![]()
Virusdefinisie of 'signature'
|
Die patroon waarmee die kwaadwillige sagteware uniek geïdentifiseer kan word.
|
|
![]()
Vodcast
|
Bevat videogrepe of foto’s, wat beskikbaar is om gratis of teen betaling van die internet afgelaai te word.
|
|
![]()
VoIP
|
’n Tegnologie wat mens in staat stel om telefoonoproepe oor LAN’s, WAN’s en die internet na enigiemand ter wêreld te maak
|
|
![]()
WAN
|
’n Rekenaarnetwerk wat oor ’n wye geografiese area versprei is, soos byvoorbeeld oor ’n stad, land of selfs oor kontinente.
|
|
![]()
Webtoe-passing / Aanlyn sagteware
|
Sagteware wat op bedieners op die internet uitgevoer word – sien program se koppelvlak in jou webblaaier.
|
|
![]()
Webblad
|
’n Dokument op die web waartoe jy deur ’n webblaaier toegang kan kry, en geskep is in tale soos HTML, JavaScript, PHP en Python.
|
|
![]()
Webgebaseerde e-pos
|
’n Diens wat jou in staat stel om tot ’n e-posrekening toegang te verkry deur middel van ’n webblaaier, vanaf enige plek waar daar internettoegang is.
|
|
![]()
Weblog / blog
|
’n Webwerf wat gereeld met nuus en gebeure in chronologiese volgorde opgedateer word. Dit is soos ’n joernaal met die jongste inskrywing bo.
|
|
![]()
WiFi
|
’n Manier om binne ’n relatief klein area koordloos aan ’n bestaande ADSL- of veselkonneksie te koppel. So ’n area word ’n hotspot genoem.
|
|
![]()
Wiki
|
’n Webwerf waar verskillende mense kan saamwerk deur bydraes te lewer of veranderinge aan die inhoud te maak.
|
|
![]()
WiMAX
|
’n Opgradering van WiFi. Dit is ’n veiliger koordlose netwerktegnologie wat toestelle oor ’n groter area as WiFi verbind.
|
|
![]()
Wireless LAN (WLAN)
|
’n term wat gebruik word om aan te dui dat ten minste ’n deel van die netwerk koordloos gekoppel is.
|
|
![]()
Wêreldwye web (World Wide Web – WWW)
|
’n Diens wat op die internet beskikbaar is. Dit bestaan uit ’n groot versameling gekoppelde, interaktiewe dokumente wat op rekenaars regoor die wêreld gestoor is.
|