Use LEFT and RIGHT arrow keys to navigate between flashcards;
Use UP and DOWN arrow keys to flip the card;
H to show hint;
A reads text to speech;
31 Cards in this Set
- Front
- Back
- 3rd side (hint)
Evolusie |
Geleidelike proses waarin lewensvorme mettertyd verander |
|
|
Filogenetiese boom |
Vertakkings-diagram wat die afgeleide evolusionêre verwantskappe tussen spesies aantoon |
|
|
Simmetrie |
Verwys na 'n verbeelde lyn of vlak wat die organisme in soortgelyke helftes verdeel wat spieëlbeelde van mekaar is |
|
|
Asimmetries |
Verwys na 'n liggaamsplan wat nie 'n simmetrie as het nie |
|
|
Sessiel |
Dier wat permanent aan 'n voedingsbodem geheg bv. 'n rots |
|
|
Radiale simmetrie |
Liggaamsdele is reëlmatig om 'n sentrale simmetrie as gerangskik |
|
|
Longitudinal |
Simmetrie as in die lengte |
|
|
Bilaterale simmetrie |
Die konfigurasie van 'n liggaam wat longitudinaal in twee helftes, wat spieëlbeelde is, verdeel kan word |
|
|
Motiel |
In staat om onafhanklik te beweeg |
|
|
Kefalisasie |
Verwys na die graad van ontwikkeling van die brein. Sensoriese organe word aan die voorkant (koparea) van die dier gevind. Hierdie aanpassing laat beweging toe. |
|
|
Kiemlaag |
Laag wat tydens embrionale ontwikkeling uit verskillende soorte selle ontwikkel word. |
|
|
Mesoderm |
Middellaag van selle in triploblastiese diere |
|
|
Diploblasties |
Diere wat uit twee kiemlae bestaan. Word uit buitelaag (ektoderm) en binnelaag (endoderm) gevorm. Ektoderm en endoderm word deur mesoglea geskei. |
|
|
Mesoglea |
'n Middellaag van jellieagtige materiaal in diploblastiese diere. |
|
|
Triploblasties |
Bestaan uit 3 kiemlae |
|
|
Openinge in verteringstelsel |
Een opening - onvolledige sakagtige verteringsstelsel Twee openinge - deurlopende verteringskanaal |
|
|
Seloom |
'n vloeistof-gevulde liggaamsholte wat deur 'n spleet in die in die mesoderm gevorm word |
|
|
Acoelomaat |
Sonder 'n liggaamsholte |
|
|
Coelomaat |
Met 'n liggaamsholte (ware seloom) wat in die mesoderm gevorm word |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Bloedstelsel |
Oop sirkulasiedtelsel - bloed verlaat vate en vloei in liggaamsholte wat 'n hemoseel genoem word en dan terug in die vate op hul ander punt Geslote sirkulasiestelsel - bloed bly binne 'n aaneenlopende stelsel van geslote buise en word effektief deur 'n gespierde pomp ('n hart) rondbeweeg |
|
|
Hemoseel |
Holte wat met bloed gevul word, dikwels teenwoordig in ongewerweldes |
|
|
Oppervlak-tot-volume verhouding |
◼ Noodsaaklik vir effektiewe gasuitruiling en voedingstof voorsiening ◼ 'n Groot oppervlak van liggaam voorsien goeie oppervlak vir gasdiffusie/ absorbering van voedingstowwe in die selle ◼ Wanneer oppervlak kleiner in vergelyking met dier se volume is, maak dit dit onmoontlik om gasse en voedingstowwe d.m.v difussie na baie selle te vervoer en dan het diere vervoerstelsels nodig om voedingstowwe, gasse en afval na en van die selle af te voer ◼ Soos diere groter word raak hul oppervlak-tot-volume verhouding kleiner en hierdie diere het gespesialiseerde stelsels vir effektiewe diffussie van gasse en verspreiding van voedingstowwe |
|
|
Porifera bv. Sponse |
💮 Alle sponse leef in water 💮 Asimmetries 💮 Selle werk as eenheid saam 💮 Op sellulêre organisasievlak ( geen weefsels ) 💮 Sessiele diere 💮 filtreer voeders |
|
|
Cnidaria bv. Jellievis, bloublasies |
🐙 Lewe in water 🐙 Diploblasties 🐙 Sagte liggame (Hidrostatiese skelet) 🐙 Ware weefsels, geen liggaamsholtes, geen organe 🐙 acelomaties 🐙 Radiaal simmetries 🐙 Mond is enigste opening 🐙 Geen bloedstelsel |
|
|
Platyhelminthes bv. Platwurms |
🐍 Sagte liggame (Hidrostatiese skelet) 🐍 Leef in water 🐍 Bilaterale simmetrie 🐍 Konsentrasie van senuwees aan voorpunt van liggaam 🐍 triploblasties - mesoderm gee oorsprong aan spiere en voortplantingsorgane 🐍 acoelomaties 🐍 nie deurlopende dermkanaal 🐍 geen bloedstelsel |
|
|
Annelida bv. Gesegmenteerde wurms |
🐛 Leef in vogtige habitats 🐛 Bilaterale simmetrie 🐛 Sintuigorgane en voedingstrukture kom voor aan voorpunt van liggaam 🐛 Besit ware seloom 🐛 Deurdermkanaal bestaan uit verskillende dele 🐛 Besit goed ontwikkelde stelsels 🐛 Triploblasties 🐛 Hidrostatiese skelet |
|
|
Arthropoda bv. Spinnekop, krap |
🐜 Grootste groep van diere 🐜 Triploblasties 🐜 Bilateraal simmetries 🐜 Deurdermakanaal (2 openinge) 🐜 besit eksoskeket 🐜 liggaam gesegmenteerd 🐜 liggaam verdeel in streke 🐜 besit gelede aanhangsels 🐜 Sintuigorgane en 'n brein 🐜 goed ontwikkelde seloom 🐜 Oop bloedstelsel - hemoseel |
|
|
Phylum Chordata met rugkoord bv. Visse, amfibië, voëls, reptiele en soogdiere |
🐶 Triploblasties 🐶 Seloom teenwoordig 🐶 Bilateraal simmetries 🐶 Goed ontwikkelde stelsels 🐶 Besit 'n endoskelet 🐶 Dorsaal geleë staaf bindweefsel (notochord) werwelkolom/ rugkoord 🐶 Sentrale senuweestelsel |
|
|
Notochord, Rugkoord, Werwelkolom |
Buigsame staafvormige struktuur wat onder die senuweestelsel lê en die liggaam ondersteun |
|