• Shuffle
    Toggle On
    Toggle Off
  • Alphabetize
    Toggle On
    Toggle Off
  • Front First
    Toggle On
    Toggle Off
  • Both Sides
    Toggle On
    Toggle Off
  • Read
    Toggle On
    Toggle Off
Reading...
Front

Card Range To Study

through

image

Play button

image

Play button

image

Progress

1/29

Click to flip

Use LEFT and RIGHT arrow keys to navigate between flashcards;

Use UP and DOWN arrow keys to flip the card;

H to show hint;

A reads text to speech;

29 Cards in this Set

  • Front
  • Back

Troimfantlik

Ekstaties omdat jy gewen het

Beswyming

Trance

Verdaag

Dismissed

Paniekbevange

Vol vrees

Skraap (Al sy) moed bymekaar

Works up the courage

Tjom

Pêl

Huiwerig

Skrikkerig/met twyfel

Volwasse

Mature

Hoe kan ons aflei dat Tino nie sy pa ken nie?

Hy praat van sy pa as "die man agter die stem". Dis baie anonieme beskrywing wat vir ons wys dat hy nie weet hoe sy pa lyk nie.

Wat laat ons besef dat Tino 'n groot behoefte het aan erkenning deur sy pa?

In sy dagdroom skree sy pa met trots dat Tino sy seun is. Baie seuns van Tino se ouderdom sou dalk skaam kry hiervoor, maar Tino het 'n groot behoefte daaraan.

Benoem die stylfiguur in die volgende sin: "Die stem draf onder die pawiljoen in en verdwyn."

Sinekdogee ("Die stem" is net 'n gedeelte van die persoon wat eintlik onder die pawiljoen indrat.)

Haal een sin on wat vir ons wys dat Tino nooit 'n speelkans gekry het tydens die wedstryd nie.

"Ten minste het hy darem 'n paar meter gehardloop vir die dag, al was dit sonder die bal, sê Martin spottend."

Benoem en verduidelik die beeldspraak in die volgende sin: "Hy verbeel hom hy kan hoor hoe die gras weer asemhaal ná die wedstryd."

Personifikasie. Die gras word met 'n mens vergelyk wat weer kan asem haal omdat die speelers nie meer daarop trap en dit "versmoor" nie.

Identifiseer die stylfiguur in die volgende sin: "Tino, hoe gaaf van jou om by ons aan te sluit."

Sarkasme

Benoem en verduidelik die beeldspraak in die volgende sin: "Die span bondel soos 'n klomp sardientjies by die deur uit."

Vergelyking. Die span word met n klomp sardientjies vergelyk omdat hulle net soos opmekaar gedruk is wanneer hulle by die deur uitgaan soos sardientjies in n blik.

Hoe en wat weet Tino van sy pa?

Hy weet van sy pa danksy die troufoto's in sy ma se kamer. Hy weet dat hy n pa het en dat hy nie dood is nie, maar verder weet hy niks.

Watter twee goed doen Tino om dit te laat lyk of hy speelkans in die wedstryd gekry het?

Hy vee sy skoon rugbybroek met gras groen. Hy gooi sy rugbytrui op die grond en trap daarop om dit ook vuil te laat lyk.

Wie is Jerome?

Jerome is n ouer seun wat naby Tino woon en wat vir Tino soos n ouer broer voel.

Beskryf Jerome as karakter na aanleiding van die kortverhaal in sy geheel.

Jerome het nooit skool klaargemaak nie en hy doen iets onwettigs vir sy werk, want dit is n "geheim". Hy klink dus n bietjie soos n skollie, maar hy is n skollie met n gooie hert, want hy moedig vir Tino aan om skool klaar te maak en hy prys hom oor sy kamtige rugbyprestasies en gee vir hom geld. Die feit dat hy die eenigste persoon is aan wie Tino kan dink wat as sy "pa" kan optree, wys vir ons dat Tino him vertrou en werklik as n ouer broer beskou.

Watter werk doen Tino Se ma?

Sy is 'n verpleegster.

Beskryf Tino en sy ma se verhouding na aanleiding van die kortverhaal in sy geheel.

Hulle het nie 'n oop en warm verhouding nie. Dit lyk asof Tino Se ma - dalk as gevolg van druk by die werk en die nagskofte wat sy moet werk - nie veel tyd vir Tino het nie. Sy raak gou ongeduldig met hom en wanneer hy haar oor sy pa uitvrae, ignoreer sy die onderwerp. Selfs wanneer hy vir haar vrae wat hy vir die ander kinders moet sê, gee sy hom nie raad of luiding nie. Dit klink dus asof sy emosioneel redelik afwesig is.

Wat doen die verteller om spanning te bou rondom die pa-en-seun wedstryd wat nader kom?

Die spanning begin reeds wanneer die leeser uitvind dat Tina nie sy pa ken nie, terwyl hy vir die afrigter gesê het dat sy pa na die wedstryd gaan kom. Die verteller bou verder spanning op deur die paragrawe te begin met n aftelling van die dae: "Maandag, vyf dae voor die wedstryd" , " Dinsdag, vier dae voor die wedstryd" , tot by "Vrydag. Die laaste paar uur voor die wedstryd." Die verteller bou verder spanning deur die antagonis, Martin, se optrede teen oor Tino wat die spanning rondom Tino Se leuns vererger.

Maak 'n lys van al die leuens wat Tino vir Martin oor sy pa vertel.

Tino sê vir Martin sy pa het provinsiaal rugby gespeel. Hy sê sy pa is n sakeman vir n groot martskape in Holland, maar dat hy op die oomblik in SA is.

Benoem en verduidelik die beeldspraak in die volgende sin: "Hy weet hy spin homself met elke nuwe leuen al vaster in die web."

Metafoor. Sy leuens word met n spinnekop se web vergelyk omdat sy leuens dinge vir homself moeilike maak net soos n spinnekop se web sy vyande se lewens moeilik maak en hulle kan versmoor.

Verduidelik in jou eie woorde wat in die laaste paragraaf van die kortverhaal met Tino gebeur.

Hy maak vrede met die feit dat hy die waarheid vir sy spanlede sal moet vertel en dat hy sonder n pa moet klaar kom. Hy besluit ook dat hy n goeie pa sal wees vir sy eie kinders.

Ouers is mense met gevoelens en hul eie probleme. Wat dink jy van die manier waarop Tino Se ma sy pa afwesigheid hanteer het?

Ek dink sy moes haar verlys better virwerk het, sodate sy vir Tino kon help om die afwesigheid van sy pa te verstaan en dit in die gesig te kyk. Alowel dit natuurlik baie moeilik moet wees vir haar, is sy die volwassene en moet sy vir Tino wys hoe n mense op n gesonde manier met moeilike dinge kan worstel en weerloos kan wees by jou geliefdes.

Som die kortverhaal in ongeveer 5 sinne op.

Tino is n jong seun wat deur sy enkelouer-ma groot gemaak word. Wanneer hy uitvind dat hulle rugbyspan n pa en seun wetstryd gaan hê, begin hy om leuens te vertel oor n pa wat hy nie het nie. Hy kry dit nie reg om n pa vir homself te "reël" nie en moet vrede maak met die feit dat hy "uitgevang" gaan word vir sy leuns en dat hy alleen na die wetstryd sal moet gaan. Hy neem n besluit dat hy n goeie pa gaan wees vir sy eie kinders.

Watter perspektief dra die kortverhaal by tot die kwessie van die rol van pa's in 'n samelewing?

Alhoewel die kortverhaal nie 'n spesifieke opinie lewe nie, maak dit 'n paar dinge duidelik. Eerstens: kinders het 'n behoefte aan 'n pa in hulle lewe . Verder kan die afwesigheid van 'n pa tot verskeie probleme lei. Een hiervan is gedragsprobleme. Iets soos Tino se leuens kon dalk baie erger geraak het as hy nie selfrefleksief daarmee omgegaan het nie. Enkelouers wat hard werk en min by die huis is, het soms ook meer uitdagings - soos dit wel lyk in Tino se ma se geval. Die kortverhaal wys egter dat die afwesigheid van 'n pa nie 'n "vonnis" is nie: in Tino se geval het dit hom gedwing om meer volwasse te raak en reeds as seun te begin nadink oor die tipe pa wat hy eendag wil wees.

Skryf 'n reflektiewe paragraaf waarin jy besin oor die wyse waarop die "attachment theory" gebruik sou kon word om Tino as karakter te ontleed en te bespiegel oor die struikelblokke waarvoor hy sal moet oppas in verhoudings.

Tino het reeds baie seergekry omdat hy op 'n vroeë ouderdom van sy pa geskei is. Die "attachment theory" verskaf 'n model wat moontlik patrone aandui van mense wat op hierdie wyse seergekry het. Tino sal versigtig moet wees om nie angstig te wees oor moontlike verliese in verhoudings in sy toekoms nie. Hy sal daarvoor op die uitkyk moet wees dat hy homself nie onttrek, of as gevolg van onsekerheid baie aandagsoekerig raak, of kwaad en depressief raak nie. Al hierdie dinge kan veroorsaak word deur angstigheid oor soortgelyke verliese as die verlies van sy pa. Die "attachment theory" sê egter nie dat Tino noodwendig een van die negatiewe style gaan aanneem nie. Dit lyk of hy 'n baie bewuste persoon is en moontlik kan hy dus deur selfrefleksie en goeie kommunikasie gesonde patrone en 'n gesonde "attachment style" aanleer.