Use LEFT and RIGHT arrow keys to navigate between flashcards;
Use UP and DOWN arrow keys to flip the card;
H to show hint;
A reads text to speech;
21 Cards in this Set
- Front
- Back
![]()
Card skimmer
|
Toestel wat magnetiese data op bankkaarte kan lees.
|
|
![]()
Klikkaping (click-jacking)
|
Verwys na ’n aksie waar ’n webwerf lyk asof dit een ding doen, maar jou klikke word herlei om iets anders te doen. ’n Knoppie op ’n webwerf kan byvoorbeeld lyk asof dit die aflaai van ’n gratis agtergrondprent vir jou werkskerm moontlik maak, maar wanneer jy daarop klik, like jy ’n onverwante webblad op Facebook.
|
|
![]()
Rekenaar-virusse
|
Programme wat geskryf is met die doel om die werking van mense se rekenaars te belemmer. Hulle word sonder die gebruiker se medewete of toestemming op sy rekenaar gelaai.
|
|
![]()
Rekenaar-wurm
|
Malware wat homself oor ’n netwerk kan versprei, gewoonlik via e-pos, sonder dat iemand ’n besmette program gebruik het.
|
|
![]()
Kuber-afknouery (Cyber-bullying)
|
Die verspreiding van gerugte, skinderstories en die algemene afknouery van ’n ander persoon deur die gebruik van digitale kommunikasiemetodes.
|
|
![]()
Kuber-afloerdery (Cyber-stalking)
|
Die gebruik van die internet om iemand te teister, af te loer of te agtervolg.
|
|
![]()
Kuber-terrorisme
|
’n Tipe internetaanval wat dele van ’n land se IT-infrastruktuur aanval.
|
|
![]()
DoS-aanval
(Denial of Service) |
Duisende geïnfiltreerde rekenaars (‘bots’) word gebruik om ’n bedienerrekenaar te oorweldig met massas navrae (die aanval is suksesvol as die bediener so oorweldig raak dat gewone gebruikers nie meer toegang tot die stelsel kan verkry nie).
|
|
![]()
E-pos-spoofing
|
Die vervalsing van ’n e-posboodskap se ‘header’ sodat dit lyk asof die e-posboodskap van iemand anders as van die werklike bron af kom.
|
|
![]()
Internet-hoax
|
’n Boodskap of artikel wat geskep is met die bedoeling om mense te bedrieg of in te doen. Dit kan per e-pos, SMS, WhatsApp-boodskappe of Facebook- en Twitter-boodskappe (posts) gestuur word.
|
|
![]()
Keylogger
|
’n Soort spioenware wat rekord hou van die sleutels wat jy druk (en moontlik ook hoe die muis beweeg word, en skermkopieë van wat op jou skerm vertoon word) in ’n poging om uit te vind wat jou gebruikersname en wagwoorde is.
|
|
![]()
Malware (Malicious Sofware)
|
Enige sagteware wat met slegte bedoelings geskryf is.
|
|
![]()
Pharming
|
’n Soort bedrogskema waar ’n gebruiker outomaties na ’n ander (vervalste) webwerf geneem word selfs al tik hy/sy die korrekte URL vir die amptelike webwerf in. Die misdadiger kan dan enige data wat ingetik word – gewoonlik wagwoorde en PIN’s – gebruik.
|
|
![]()
Uitvissings-bedrog (Phishing)
|
Pogings om die gebruiker te mislei om persoonlike en vertroulike inligting soos PIN-nommers en wagwoorde bekend te maak. Eposboodskappe wat lyk asof dit vanaf ’n wettige organisasie kom, word gewoonlik gebruik.
|
|
![]()
Kwarantyn (quarantine) – virus
|
Die virus word na ’n area op die hardeskyf verskuif waar dit nie die rekenaar kan infekteer nie.
|
|
![]()
Afkoop-sagteware (Ransomware)
|
Kwaadwillige sagteware wat data enkripteer (en veroorsaak dat jy dit nie kan gebruik nie) totdat jy ’n losprys aan die hacker betaal.
|
|
![]()
SMiShing
|
Wanneer uitvissing (phishing) via ’n SMS op ’n slimfoon geloods word.
|
|
![]()
Sosiale manipulasie (Social engineering)
|
Verwys na aksies waardeur mense mislei en dan gemanipuleer word om vertroulike inligting bekend te maak, of om vir misdadigers toegang tot hul rekenaar of perseel te gee. Dit kan gebruik word om iemand se identiteit te steel, om malware te installeer, of vir ander oneerlike doelwitte.
|
|
![]()
Spioenware (Spyware)
|
Enige tegniek of sagteware wat probeer rekord hou van die manier hoe jy jou rekenaar gebruik, om hierdie inligting dan aan ’n derde party deur te gee.
|
|
![]()
Trojaan (Trojan)
|
’n Skadelike program wat homself as ’n nuttige program voordoen. Die program maak op jóú staat om dit te aktiveer.
|
|
![]()
Zombie
|
’n Rekenaar wat geïnfiltreer (of geïnfekteer) is, en van ’n afstand deur ander rekenaars beheer kan word wanneer dit aangeskakel en met die internet gekoppel is.
|