• Shuffle
    Toggle On
    Toggle Off
  • Alphabetize
    Toggle On
    Toggle Off
  • Front First
    Toggle On
    Toggle Off
  • Both Sides
    Toggle On
    Toggle Off
  • Read
    Toggle On
    Toggle Off
Reading...
Front

Card Range To Study

through

image

Play button

image

Play button

image

Progress

1/74

Click to flip

Use LEFT and RIGHT arrow keys to navigate between flashcards;

Use UP and DOWN arrow keys to flip the card;

H to show hint;

A reads text to speech;

74 Cards in this Set

  • Front
  • Back
Aspekverhouding (Aspect ratio)
Aspek-verhouding (Aspect ratio)
Die verhouding tussen die wydte en die hoogte van die skerm, bv. 16:9.
Biometriese identifikasie
Biometriese identifikasie
Die gebruik van tegnologie wat ’n unieke biologiese eienskap van ’n mens, soos ’n vingerafdruk of die irispatroon van ’n oog kan skandeer vir identifikasie.
Bluetooth
Bluetooth
’n Koordlose tegnologie wat toestelle soos muise, drukkers en slimfone toelaat om oor ’n kort afstand met mekaar te kommunikeer.
Blu-Ray
Blu-Ray
’n Optiese formaat wat ontwerp is om hoë-definisie-video (HD) op te skryf, te herskryf en terug te speel, asook om groot hoeveelhede data te stoor (meer as op ’n DVD).
Laai (Boot)
Laai (Boot)
Hierdie term word gebruik om die proses te beskryf waardeur ’n rekenaar gaan wanneer dit aangeskakel word.
Kasgeheue
Kasgeheue
Hoëspoedgeheue wat gebruik word vir data wat gereeld of onlangs gebruik is, sodat daar vinniger toegang tot daardie data verkry kan word.
Kleurdiepte
Kleurdiepte
Die aantal bisse wat gebruik is om die kleur vir elke beeldpunt of pixel in ’n prentjie te verteenwoordig.
Kontrasverhouding (Contrast ratio)
Kontras-verhouding (Contrast ratio)
Die verhouding tussen die donkerste swart en die helderste wit wat die skerm kan weergee.
Konvergensie
Konvergensie
Die neiging waar afsonderlike tegnologieë en funksies waarvoor mens in die begin verskillende toestelle nodig gehad het, nou gekombineer word in een enkele toestel, bv. die slimfoon en die tablet.
Core
Core
’n Enkele fisiese verwerker. Skyfies wat as 'Dual...’ beskryf word, het twee verwerkers, dié wat as ‘Quad...’ beskryf word het vier verwerkers, ens.
Verstekdrukker (Default printer)
Verstek-drukker (Default printer)
Die drukker wat gebruik sal word tensy die gebruiker spesifiek aandui dat ’n ander drukker gebruik moet word.
Ergonomie
Ergonomie
Die studie en ontwerp van die werkplek en die toerusting wat in die werkplek gebruik word vir die gemak en veiligheid van mense in hul werksomgewing.
GHz
GHz
’n Meeteenheid waarin die spoed van die SVE weergegee word. Hoër is beter.
GPS-toestel
GPS-toestel
’n Toestel wat bereken waar jy op die aarde se oppervlakte (breedtegraad en lengtegraad) is, gebaseer op ’n sein wat dit van ten minste drie GPS-satelliete af kry.
Hardekopie
Hardekopie
Afvoer op papier (in teenstelling met sagtekopie – visuele uitvoer op ’n skerm).
HDMI
HDMI
’n Koppelvlak wat video en klank van ’n hoë kwaliteit met net een kabel oordra. Dit verskaf beelde van ’n beter kwaliteit omdat dit met digitale seine werk.
ISO-gradering
ISO-gradering
’n Digitale kamera se sensitiwiteit vir lig. Hoër is beter.
Lumen
Lumen
Dit meet die helderheid van die beeld wat ’n dataprojektor projekteer. Hoe hoër, hoe meer effektief sal die projektor wees.
Micro-USB
Micro-USB
’n Kleiner tipe USB-poort, gewoonlik op mobiele toestelle soos slimfone.
Mobiele gebruikers
Mobiele gebruikers
Gebruikers (nie noodwendig in 'n aparte kategorie nie) wat net hulle rekenaartoestelle by hulle wil hê waar hulle ook al reis, bv. verkoopspersoneel en konsultante.
Pentoevoer
Pentoevoer
’n Toevoertoestel wat saam met ’n druksensitiewe grafikablad (digitising tablet) gebruik word.
Pixel density
Pixel density
Die Aantal beeldpunte van die beeld wat in ’n 1"" horisontale lyn inpas. Hoër is beter.
POS (Point Of Sale)
POS (Point Of Sale)
’n Betaalpuntstelsel wat ontwerp is om die verkoop van goedere en dienste vinniger en makliker te maak.
Krag-gebruiker/Super-gebruiker (Power user)
Krag-gebruiker/
Super-gebruiker (Power user)
Kategorie gebruiker wat die kragtigste en mees moderne hardeware en sagteware nodig het om hul take te verrig, bv. argitekte en ingenieurs. Hulle maak ook gewoonlik gebruik van al die gevorderde funksies van die betrokke sagteware waarmee hulle werk.
bpm (ppm)
bpm (ppm)
Die aantal bladsye wat 'n drukker per minuut kan druk, d.i. die ‘spoed’ van die drukker.
Druk-waglys (Printer queue)
Druk-waglys (Printer queue)
’n Plek op die hardeskyf waar take vir die drukker tydelik gestoor word totdat die drukker gereed is om hulle te druk. Elke drukker het sy eie een.
QR-kode
QR-kode
’n Tweedimensionele vierkantige tipe ‘strepieskode’ (barcode) wat baie meer data as ’n konvensionele strepieskode kan stoor. Dit kan met behulp van die kamera op ’n mobiele toestel geskandeer word.
Verfrissingstempo (Refresh rate)
Verfrissings-tempo (Refresh rate)
Hoe dikwels of hoe vinnig die beeld op die skerm verfris word. Hoe hoër, hoe beter.
Resolusie
Resolusie
Vertoontoestel: Die maksimum resolusie is die hoogste aantal beeldpunte wat deur die beeld ondersteun word, aangedui deur die aantal horisontale beeldpunte vermenigvuldig met die vertikale beeldpunte (bv. 1920 x 1080). Skandeerder: Die getal kolletjies wat die skandeerder per duim kan skandeer. Die resolusie word dus as dpi (dots per inch) uitgedruk. Digitale kamera: Die totale aantal beeldpunte waaruit die foto of prent bestaan. Drukker: Die aantal kolletjies wat die drukker op een horisontale lyn kan skep. Dit word in dpi (dots per inch) gemeet.
RFID
RFID
Maak van klein radiotoestelle (kleiner as ’n ryskorrel) gebruik om data te stoor en te versend.
rpm
rpm
Eenheid waarin die rotasiespoed van ’n hardeskyf gemeet word, bv. 7200 rpm.
Safe Mode
Safe Mode
Windows laat jou toe om jou rekenaar in hierdie manier te (her)laai om te help om verskeie sagtewareprobleme reg te maak. In die manier word net noodsaaklike stelselprogramme en dienste gelaai.
Skermsluitpatroon (screen lock pattern)
Skerm-sluitpatroon (screen lock pattern)
’n Manier om ’n draagbare toestel te sluit, waar jy dan met jou vinger ’n patroon op die skerm moet ‘teken’ om die toestel weer oop te sluit.
Sensor-grootte
Sensor-grootte
Die ... in ’n digitale kamera. Hoe groter, hoe beter is die kwaliteit van die beeld.
Bediener (Server)
Bediener (Server)
’n Rekenaar wat dienste of hulpbronne aan ander rekenaars (kliënte) wat aan die netwerk gekoppel is, verskaf.
SOHO-gebruiker
SOHO-gebruiker
Kategorie gebruiker wat 'n rekenaar gebruik vir 'n besigheid wat die gebruiker bestuur.
Spooling
Spooling
Die proses waartydens ’n druktaak tydelik na die hardeskyf toe gestuur word totdat die drukker beskikbaar is om die drukwerk te doen.
Stelselvereistes
Stelsel-vereistes
Die minimumvereistes (soos die hoeveelheid stoorplek, verwerkingspoed en hoeveelheid geheue) waaraan ’n rekenaar moet voldoen om die sagteware te kan uitvoer. Wanneer sagteware vereistes aangedui word, hou dit gewoonlik verband met die bedryfstelsel wat benodig word.
Virtuele geheue
Virtuele geheue
Die ongebruikte skyfspasie van ’n hardeskyf, wat die bedryfstelsel in staat stel om te werk asof dit toegang het tot meer RAM as die hoeveelheid RAM wat fisies in die rekenaar teenwoordig is. Dit stel die rekenaar in staat om nog meer programme tegelyk uit te voer.
Onbesten-dige (volatile) geheue
Onbesten-dige (volatile) geheue
Geheue (RAM) verloor sy inhoud as die krag afgeskakel word.
Digitale zoom
Digitale zoom
Soos wat jy ‘nader’ gaan en die prentjie groter word, word dit ook minder skerp, en op die ou end sien mens net kolletjies.
Optiese zoom
Optiese zoom
Gebruik lense op die kamera om ‘nader’ aan die objek wat afgeneem word, te kom. Gebruik dit as jy foto’s van goeie kwaliteit wil hê.
3D-drukker
3D-drukker
’n Drukker wat dit moontlik maak om fisiese driedimensionele voorwerpe te skep van ontwerpe wat op ’n rekenaar met behulp van CAD- of 3D-modelleringsagteware geskep is.
Versnellingsmeter (Accelerometer)
Versnellings-meter (Accelerometer)
Toevoertoestel in slimfone en tablette, wat gebruik word om vas te stel hoe die toestel vasgehou of beweeg word.
Kaartleser
Kaartleser
Toestel waarin mens ’n geheuekaart kan inprop. Data kan dan tussen die geheuekaart en die rekenaartoestel waaraan die toestel gekoppel is, oorgedra word.
SVE (CPU)
SVE (CPU)
Hardewarekomponent wat al die data verwerk en al die instruksies uitvoer.
Toegewyde toestel
Toegewyde toestel
Toestelle wat ontwerp is om net een spesifieke taak te verrig, soos Outomatiese Tellermasjiene (OTM’s), GPS-toestelle en huishoudelike gebruikstoestelle soos mikrogolfoonde en wasmasjiene.
DIMM
DIMM
’n Gestandaardiseerde ‘stokkie’ RAM wat ontwerp is om in sy spesifieke gleuf op die moederbord in te prop.
Dongle
Dongle
Toestel wat in ’n USB-poort ingeprop word om ’n koordlose sleutelbord of muis met die rekenaar te laat kommunikeer. "Ook ’n 3G- of 4G-... wat saam met ’n tafelrekenaar of skootrekenaar gebruik kan word, om die rekenaar deur ’n sellulêre netwerk internettoegang te gee."
DSLR-kamera
DSLR-kamera
’n Tipe kamera ontwerp vir meer professionele gebruik. Dit laat jou toe om verskillende lense te gebruik, en jy het ook meer beheer oor die tegniese instellings van die kamera.
Intreevlak-rekenaar
Intreevlak-rekenaar
’n Rekenaar wat die goedkoopste is in ’n reeks (bv. tafelrekenaars), en wat redelike lae hardewarespesifikasies het.
GPU
GPU
Word gevind op die videokaart (soortgelyk aan die SVE op die moederbord), wat by sekere soorte sagteware (CAD, 3D-grafika, speletjies, ens.) die rekenaar se werkverrigting kan verbeter.
Hibriederekenaar
Hibried-rekenaar /
2-in-1
Skootrekenaar / tablet met ’n skerm wat mens kan omdraai (of selfs kan afhaal), saam met ’n gewone sleutelbord. Die skerm is raak- of pen-sensitief. Hierdie rekenaars kan óf as gewone skootrekenaars óf as tablette gebruik word.
Inkspuit-drukker
Inkspuit-drukker
’n Tipe drukker wat mikroskopiese klein kolletjies ink op die papier spuit, en wat relatief goedkoop is om aan te koop, maar relatief duur is om te gebruik. Werk goed vir kleurkopieë van ’n hoë kwaliteit.
Laserdrukker
Laserdrukker
’n Soort drukker wat soos ’n fotostaatmasjien werk, en toner in plaas van ink gebruik. Relatief duur om aan te koop, in vergelyking met inkspuitdrukkers, maar goedkoper om te gebruik, en van die twee is hulle die mees geskikte soort drukker om in groot maat mee te druk.
Geheue (RAM)
Geheue (RAM)
’n Nie-permanente stoorarea vir programme en data wat deur die rekenaar verwerk word. Geheue verloor sy inhoud as die krag afgeskakel word.
Geheuekaart
Geheuekaart
Elektroniese stoormedia wat in digitale kameras en slimfone gebruik word.
Moederbord
Moederbord
’n Groot reghoekige bord in die rekenaarkas wat stroombane bevat met gleuwe en konnekteerders waaraan die SVE, RAM, stoortoestelle en randtoestelle gekoppel kan word. Dit stel al die dele van ’n rekenaar in staat om met mekaar te kommunikeer.
Multifunksie-drukker
Multifunksie-drukker
’n Alles-in-een toevoer/afvoer-toestel wat tipies kan druk, skandeer, foto-kopieer en faks.
Multi-touch (raakskerm)
Multi-touch (raakskerm)
’n Skerm wat twee of meer vingers wat tegelyk op die skerm druk, kan waarneem, bv. vir ’n knyp-aksie.
Phablet
Phablet
’n Slimfoon met ’n skerm groter as 5". In grootte is dit iewers tussen ’n slimfoon en tablet.
Wyserstokkie (Pointing stick)
Wyserstokkie (Pointing stick)
’n Alternatief vir ’n muis by skootrekenaars. Dit bestaan uit ’n klein knoppie tussen die sleutels van die sleutelbord. Die knoppie word beweeg om die muismerker te beweeg, en afgedruk om te klik.
ROM
ROM
’n Spesiale skyfie op die moederbord wat die instruksies bevat om die rekenaar aan die gang te kry en die bedryfstelsel te laai wanneer dit aangeskakel word.
SATA
SATA
Die interne hardeskyf-koppelvlak of koppelstuk – die manier waarop die hardeskyf aan die moederbord gekoppel is.
Skandeerder (Scanner)
Skandeerder (Scanner)
’n Toevoertoestel wat beelde in ’n rekenaar invoer, bv. gedrukte teks, grafika, strepieskodes, QR-kodes en selfs dele van die menslike liggaam.
SSD
SSD
’n Heeltemal elektroniese alternatief vir die hardeskyf. Dit gebruik dieselfde tegnologie as flash-skywe, wat skyftoegang baie vinnig maak.
Tablet
Tablet
’n Draagbare rekenaar met ’n raak- of pensensitiewe skerm. Soortgelyk aan slimfone maar met die voordeel van ’n groter skerm. Hulle batterye hou ook langer as slimfone se batterye. Mens kan hulle nie gebruik om selfoonoproepe te maak of SMS-boodskappe te stuur of te ontvang nie.
Raakskerm (Touch screen)
Raakskerm (Touch screen)
’n Skerm wat as beide toevoer- en afvoertoestel gebruik word, in toestelle soos slimfone en tablette. Sommige van dit reageer op die aanraking van ’n vinger, terwyl ander ontwerp is om met ’n stilus te werk.
Raakblad (Touchpad)
Raakblad (Touchpad)
’n Druksensitiewe oppervlak wat in skootrekenaars ingebou is, en wat in die plek van ’n muis as toevoertoestel dien.
UPS
UPS
’n Toestel wat gebruik word om rekenaars teen kragstuwings en kragonderbrekings te beskerm. Dit bied net vir ’n beperkte tydperk elektriese stroom – genoeg tyd om jou werk te stoor en jou rekenaar behoorlik af te skakel.
USB-poort
USB-poort
Die standaard-poort wat oor die algemeen gebruik word om toestelle soos sleutelborde, muise en drukkers aan ’n rekenaar te koppel.
VGA-poort
VGA-poort
’n Poort wat gebruik word om die skerm met die rekenaar te koppel. Grootliks vervang vandag met ander konneksie tipes, soos HDMI.
Webkamera
Webkamera
’n Laeresolusie-kamera wat vinnig en maklik is om op te stel (of in baie skootrekenaars ingebou is). Dit voer intyds videobeelde na die rekenaar en word gebruik vir videokonferensies, sekuriteit en ander situasies waar ’n lewende videovoer benodig word.
Videokaart
Videokaart
’n Aparte stroombaanbord (circuit board) wat by ’n spesiale gleuf op die moederbord inprop. Dit het sy eie videogeheue, en ’n grafikaverwerkingseenheid (graphics processing unit of GPU) wat die verwerking van video’s verbeter.